Posted by: 4prometheus | August 25, 2007

Life without love.

Ek het nog nie te veel oor myself geskryf nie en het ook nog nie ‘n rede verskaf of verduidelik waaroor die pret-deel van hierdie blog gaan handel nie, so miskien is dit bietjie tyd dat ek iets daaraan doen… :mrgreen:

Een van my all-time gunsteling aktiwiteite is om met girls te chat. Soms lei dit iewers, maar baie gereeld lei dit nie in enige spesifieke rigting nie. Of om miskien effe meer akkuraat te wees, eintlik geniet ek net doodeenvoudig mense se geselskap jy sien. En as dit per toeval een of ander aantreklike dame se geselskap is, soveel te beter. :grin:
Aangesien ek nie op die oomblik in ‘n verhouding is nie, het ek gelukkig meer as voldoende geleentheid om uit te gaan, verskeie eksotiese dinge aan te vang sonder ‘n lastige gewete wat pla en dan later daaroor te tob of sommer net te sit en smile. Een so geleentheid het heeltemal onverwags so rukkie gelede sy opwagting gemaak - net so vir die interessantheid, het jy al ooit opgelet hoe, as jy ‘n meisie soek, hulle soms ewe skielik so skaars soos hoendertande is, maar boeta… wag net tot jy in ‘n verhouding is of nie soek nie… dan, whammo!… ewe skielik is hulle in oorvloed!?

Ewenwel, ek was die betrokke aand uit saam met vriende na ‘n restaurant. Nou hierdie is nou nie jou gemiddelde neighbourhood Spur nie, dis nogal ‘n baie nice restaurant met ‘n wonderlike Italiaanse atmosfeer en pragtige fresco’s teen die mure. Die eienaar, Francesco, ontvang jou by die deur en die waiters is almal professioneel, nie een of ander tiener wat net die job doen omdat hy of sy niks anders kan doen nie. Aangesien ons effe vroeg was, en die restaurant nogal besig, eindig ons toe op by die kroeg voor ons iets bestel vir ete terwyl ons wag dat ons tafel beskikbaar raak… en so, met ‘n wit wyntjie in die hand, vang die oomblik my geheel en al heeltemal onkant. By die ingang het ‘n ongelooflike engel van ‘n vrou by die restaurant ingesweef gekom, vir ‘n wyle rondgekyk en iets vir Francesco gevra, ‘n stunning glimlag vir hom geflits en in die kroeg se rigting beweeg.

Wie was sy?

Voor ek jou vertel, laat my toe om net eers te noem dat die heelal iewers ‘n komplot teen my smee! Jy sien, hierdie spesifieke aand het ek besluit om ‘n werksvriendin(!) saam te neem na ons ete saam met ‘n ou skoolvriend van my en sy vrou, goeie vriende wat ek nogal redelik lanklaas gesien het. Anyhow, die engel is toe Tiff se suster! OMG!! Ete was fantasties, maar hierdie engel se geselskap… sy is vriendelik, lag maklik en daai smile het my amper in ‘n beswyming gehad! Okay, ek oordryf effe, maar dis hoe dit gevoel het! :grin: Ons kon ongelukkig nie te veel gesels nie, maar ek het daarin geslaag om haar telefoonnommer te kry en het toe besluit dat ek dit baie beslis sou gebruik…

Hoekom ek dit noem? Ek is vandag opgewonde want ek gaan haar binnekort weer sien! :wink:
En dan kan ek dalk ernstig begin werk aan die pret-deel van hierdie blog, want ek en girls het ALTYD pret. En aangesien hierdie blog ook deels my dagboek is, sal julle dalk soms selfs daarin kan deel en net miskien so paar pick-up geheime optel!? Die res sal ek ongelukkig “private posts” maak, maar nou ja, so af en toe is ek dalk genadig -of vervelig, afhangend van jou uitkyk op sulke sakies! - en let’s face it, soms is dit net lekker om sommer net vir die hele wêreld te skree hoe jy voel oor iemand…

Watch this space!

Responses

Eerstens, hoe kan jy na AC/DC luister? Anyway, girl hunting is nie ‘n goeie ding nie. Jy moet eerder wag vir iets om spontaan te ontwikel, all good things come to those who wait!

Cheers

Basil

Basil, dis nie nodig om te hunt nie. Het jy al gesien hoe katterig is girls oor ander girls agter hulle rug? En dis net as jy op een plek met so 4 of 5 verskillende meisies chat. Girls hunt deesdae net so hard my vriend… :wink:

O ja, “You shook me all night long” is ‘n cool song… :mrgreen:

Dit is ‘n amazing song, ek stem 4prometheus.

En Basil. Ek sal maar jou raad volg en sit en wait vir good things to come. Dis een teorie wat ek nog nie probeer het nie.

ja, maar wie wag kry soms ook niks…of ‘left overs’ en ‘n krummeltjie of twee…nee wat…as iets gaan gebeur,dan moet JY dit maak gebeur…

Nou wanneer begin jy skree???

Nog ‘n post sal nice wees?

Hey, ek werk bedags okay… :roll:

Ek sal dit ingedagte hou ;)

Leave a response

Your response:

Categories