Hi daar, welkom by hierdie blog!!
Ek het lank gewik en geweeg en gewroeg en amper rondrollende-kussingkouende slapelose nagte gehad oor wat my eerste post op hierdie blog moet wees, and low and behold, ek het die antwoord gekry! En skielik, in ‘n oomblik van kristal helderheid, toe strike dit my soos ‘n Mike Tyson regteropstopper in die knaters…. post oor BOOBS! Ek like dit, alle regte mans like dit, hel…. almal like dit! En ek is nogal ‘n kenner op hierdie gebied, soos julle mettertyd sal uitvind!
Nou voor enige femmes up in arms gaan, hier is ‘n girlie author ook, en sy sal sorg dat julle monde met tye drool. Sy’t belowe. Maar ek kyk uit na my en die manne se belange, so vandag gaan als oor tieties. Enjoy die volgende paar pics en moenie oor jou keyboard drool as jy ‘n dude is nie!
*Right, voor ons verder gaan en na die pics loer – moenie kyk as jy nie ten minste 18 is nie. Ek is ernstig! Dis niks pornografies of iets nie, maar daar is boobies, so as jy dink jy gaan nie like nie, moenie die tag click nie okay?
Kom maak gerus weer ‘n draai, sien julle op die Afrikaanse Blogosfeer!!
Ai Ai, wat het jy nou gedoen?
/me sug
Ek hoop die female author verlos ons vinnig van die boobs.
By: oopkop on Augustus 23, 2007
at 7:57 vm
Prometheus … mmmm, goeie begin!
En ‘n stomende “hallo” van my ook! Mag hierdie blog bietjie excitement in elkeen se lewe bring en ver verwyder wees van die alledaagse!
Ek sal my deel vir die vroulike geslag doen … soos belowe!
By: aphrodite28 on Augustus 23, 2007
at 8:17 vm
Aangename kennis aphrodite28. Ek wag in spanning vir die vroulike bydraes.
By: oopkop on Augustus 23, 2007
at 8:53 vm
Thanks vir die comment en welkom!
Nice header…
By: Da Mario on Augustus 23, 2007
at 9:11 vm
Lol … dis nou ‘n site wat ek aan vriend Da Mario moet bekendstel! Seker ook net ‘n kwessie van tyd voor hy dit self sou ontdek!!!
Welkom in die blogosfeer!! Ek sien uit na aphrodite28 se bydraes…!
By: René on Augustus 23, 2007
at 9:29 vm
Oeps René, daar spring hy jou toe voor…!
Welkom solank aan al ons lesers!!
By: Aphrodite on Augustus 23, 2007
at 9:51 vm
Da Mario en 4prometheus is ‘n tweeling wat by geboorte geskei is. Ek het rerig gedink dis jy wat hierdie blog begi nhet Da Mario, maar blykbaar het ander mans ook ‘n boobs-obsession.
By: oopkop on Augustus 23, 2007
at 11:06 vm
Oopkop, alle ware mans het ‘n boob obsession. En die helfte van alle girls ook.
By: 4prometheus on Augustus 23, 2007
at 12:22 nm
dude, wtf.
niks fout met boobs nie, maar as jy softporn publiseer gaan mense (ek belowe jou hulle gaan) hierdie blog by wordpress aanmeld as een met inappropriate content. en dan gaan jou hits min wees, want dit gaan nie in die hoofstroom wees tussen die dag se gewildste blogs en dies meer nie.
welkom op die blogosfeer. ek sien uit na wat jy skryf. maar doen jouself die guns – los die porn. dis blogging selfmoord.
By: Johan Swarts on Augustus 23, 2007
at 12:28 nm
Johan
Oi… die bedoeling is nie om softporn te publiseer nie!! Is die storie werklik so streng? Ek bedoel, ons leef tog mos nie meer in die dae van die sensuurraad en sterretjies oor vrouens se borste nie?
Baie dankie vir die verwelkoming, en ek glo jy weet waarvan jy praat, laat ek dan nou nie met die intrapslag reeds selfmoord pleeg nie.
By: 4prometheus on Augustus 23, 2007
at 12:51 nm
hehe
nee man, relax. ek probeer net waarsku teen mense wat juis dink ons lewe nog in die dae van sterretjies op borste. (ek, vir een, is nie so iemand nie. hoewel ek tog ‘n groot feminis is
)) die wordpress ouens is engels; as ‘n stoere afrikanertannie hierdie post (daar’s meer van hulle as wat jy dink) lees, mag hulle dit dalk aankla as onwelvoeglik by wordpress. en die wordpress staf, omdat hulle nie afrikaans verstaan nie, gaan net die foto’s sien en dink – janee, die tante was reg. kom ons tag hierdie blog as inappropriate.
al wat dit beteken is dat jy nie meer gaan verskyn onder die top 5 blogs en al daai oulike dingetjies wat jy byvoorbeeld by http://af.wordpress.com kry nie. niemand kan of gaan jou blog afhaal nie. dit kan wel jou lesersgetalle kniehalter.
bygesê, hierdie is ‘n worst case scenario
welkom weereens. moet tog nie dat my opmerking ‘n somber begin vir jou maak nie. geniet die ervaring. blog voort!
By: Johan Swarts on Augustus 23, 2007
at 1:11 nm
Johan…
Thanks! Ek het maar ‘n “more-tag” ingesit vir ingeval!
By: 4prometheus on Augustus 23, 2007
at 1:17 nm
Wow, jy kry my weer hier al weet jy niks van rugby af nie. Bring in on.
By: Boegie on Augustus 23, 2007
at 2:02 nm
Boegie, whahaha!! Ek sal verseker julle ogies bly vasgenael op die skerm!!
Lots more beauties where those came from gentlemen!! Come back regularly…
By: 4prometheus on Augustus 23, 2007
at 2:46 nm
mooi was nog nooit lelik gewees nie…’goed begin’ sou ek dink (maar dan is ek ‘n eendimensionele man!)
sterkte
p
By: Platkuif on Augustus 23, 2007
at 3:10 nm
Ek sien die manne voel al heel welkom hier…
By: Aphrodite on Augustus 23, 2007
at 3:21 nm
Ja mooi borste was seker nog nooit lelik nie ne?! Ons ou tannies beny dit! Dis eintlik julle mans se moedertjies se skuld dat julle so boob-mal is, sy het dit immers eerste in jul monde gedruk! LOL!
Baie welkom by die spul bloggers, en ek glo jy gaan BAIE hits kry…
By: hexi on Augustus 23, 2007
at 3:44 nm
As dit nie soft porn is nie dan weet ek nie. Johan, nie eers die sterretjie dae was aanvaarbaar in ons huis nie, want my pa het vrouens gerespekteer. Anyway, ek sal nou nie vir jou preek nie. Dis jou blog spasie. Ongelukkig sal ek maar verby hou. Girlie author of de nie.
Wag, hier kom dit… mooi bly maar mooi koeksuster ens ens ens. Whatever!
By: Roer on Augustus 23, 2007
at 5:43 nm
Platkuif…
Dan is ek net so een dimensioneel soos jy!!
Aphrodite…
Wanneer post jy?
Hexi…
Bly jy voel so man! Ek bedoel vrou….
Roer…
Jammer jy voel so, regtig.
Ek dink nie ek disrespekteer vroue nie, om die waarheid te vertel, ek dink ek bewonder hulle stunning beauty. Wag, ek voel ‘n post aankom…
By: 4prometheus on Augustus 23, 2007
at 6:48 nm